Pfizer gaan medisyne teen kosprys aan meer armer lande verkoop

Pfizer het aangekondig dat hy die aantal medisyne en entstowwe wat hy op ‘n nie-winsgewende basis verkoop, uitbrei na 45 van die armste lande ter wêreld. Pfizer se voorsitter en uitvoerende hoof, Albert Bourla, het op die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê die stap maak deel uit van ‘n Ooreenkoms vir ‘n Gesonder Wêreld-projek wat sal meehelp om die bestaande gelykheids-gaping in gesondheidsorg te verminder. Pfizer het ook ingestem om miljoene van sy Covid-19 mondelikse behandelings, Paxlovid, aan lae- en middel-inkomste-lande te verskaf.