Noord-Kaapse boere versoek reddingsboei

Die DA in die Noord-Kaap het ‘n dringende versoek aan die premier, Zamani Saul, gerig om die besproeiings-gordel in die provinsie onmiddellik tot rampgebied te verklaar. Die DA-lid, Reinette Liebenberg, sê die tyd stap aan en die versuim om dit te doen sal daartoe lei dat oeste vinnig vernietig word, reeds-beleërde boere en hul boerdery-ondernemings verwoes, en ook voedselsekerheid in die gedrang bring.