SA Poskantoor sny salarisse met 40%

Die DA is ontnugter dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor van plan is om die salaris van personeel met 40 persent te verminder terwyl die uitvoerende hoof se salaris bykans vier miljoen Suid-Afrikaanse rand beloop. Volgens die party het die Poskantoor reeds vanjaar ‘n verlies van 2,3 miljard rand gely en dit skuld Posbank steeds 3,2 miljard rand. ʼn Woordvoerder van die DA, Dianne Kohler Barnard, sê personeel en pensioenarisse se mediese fonds is weer gestaak weens wanbetaling.