Peuter bestel 31 burgers met toep

‘n Peuter het bewys die bestel van kitskos deur middel van ‘n toep is kinderspeletjies toe hy 31 kitskos-burgers bestel en by sy ma se huis laat aflewer het. Die tweejarige Barrett Golden van Texas in Amerika het boonop ‘n stewige fooitjie van 16 Amerikaanse dollar aan die afleweraar gegee, wat die totaal vir die kos op sowat 1 400 Namibiese dollar  te staan gebring het. Barrett het toe net ‘n halwe burger geëet en sy ma het die wavrag kos gratis op sosiale media vir mense in hul woonbuurt aangebied.