Pensioenfondse moet beter beheer word

Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n oproep op die regering om werkgewers te penaliseer wat versuim om pensioenfondsgeld oor te betaal wat van werknemers afgetrek is. Dié oproep volg ná die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van ‘n lys van ongeveer vier-duisend-200 geregistreerde maatskappye bekend gemaak het wat nié pensioenfondsbydraes van altesaam sewe-miljard-rand oorbetaal het nie. Trevor Shaku van Saftu sê, dié nie-nakoming van die Pensioenfondswet is nie net ‘n wetlike oortreding nie, maar het ook beduidende maatskaplik-ekonomiese gevolge. Shaku sê baie werkers maak staat op dié fondse vir maatskaplike verligting nadat hulle ophou werk het: