Pelosi, 83, wil weer staan… oupa Biden en Trump ook…

Dit is nie net in Namibië, en Afrika, waar bejaarde leiers voorkom nie. Die voormalige speaker van die Amerikaanse Huis, Nancy Pelosi, het pas aangekondig dat sy vir nog ‘n termyn as verteenwoordiger vir Kalifornië in die Kongres sal staan. Sy is 83 en die termyn is vier jaar. President Joe Biden is 80, terwyl sy Republikeinse mededinger, voormalige president Donald Trump, 77 is. Hul onderskeie ouderdomme, en hoe dit hul vermoëns kan beïnvloed om die land te lei, is ‘n sentrale kwessie in die 2024-stryd om die Withuis. Intussen was die Republikeinse leier van die Senaat, Mitch McConnell, onlangs in die nuus toe hy twee keer voor die media, gevries het en glad nie gereageer het op enige vrae nie. Hy is 81 en is deur die Kongres se dokter as gesond verklaar.