Partygate: Boris sê hy gaan nie bedank
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê hy gaan nie bedank nie en voel dis sy werk om voort te gaan en landsburgers te dien. Sue Gray se verslag bevat besonderhede oor byeenkomste tydens inperking waar regerinsamptenare so baie gedrink het dat hulle siek geword het, met mekaar baklei en sekerheids- en skoonmaakpersoneel sleg behandel het. Die verslag sê senior leierskap in Downingstraat moet verantwoordelikheid aanvaar vir die kultuur wat gelei het tot die oortreding van inperkingsmaatreëls. Johnson sê foute is begaan.