Parool-voorwaardes op voorgrond
Vyf langtermyn-gevangenes het hierdie week ‘n aansoek in die Hoërhof gebring dat hulle vir parool in aanmerking kan kom. Hulle is in die vroeë jare 2000 skuldig bevind aan ernstige misdade soos moord en roof met verswarende omstandighede, en is elk tot meer as 35 jaar tronkstraf gevonnis. Hul regsverteenwoordiger het aangevoer dat hulle gevonnis is onder die Tronkwet van 1998, wat parool verbied het, maar dit is in 2012 herroep toe die Tronkwet van daardie jaar ingestel was. Adjunk regter president Hosea Angula het die aansoek toegestaan en beveel dat hulle in aanmerking kan kan kom vir parool, onder sekere voorwaardes, soos goeie gedrag.