RISE Mzansi moedig kiesers in die buiteland aan om te stem

RISE Mzansi doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners in die buiteland om die naweek te stem. Meer as 78 000 burgers is geregistreer om oorsee te stem by 111 Suid-Afrikaanse diplomatieke sendings oral in die wêreld. RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê hulle het die afgelope paar weke geslaagde aanlyn en fisiese vergaderings gehou met Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk, Mauritius, Tokio, die Verenigde Arabiese Emirate en ander lande.