Outa onthul bewyse oor Eskom-korrupsie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die saak van korrupsie teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en die sakeman, Thabo Owen Mokwena, het Mokwena se stewige netwerk in die energiesektor, die ANC en staatsveiligheid blootgelê. Koko het na bewering probeer om Mokwena as ‘n kanaal te gebruik om omkoopgeld te was. Die aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery spruit uit ‘n kontrak van die Kusile-kragstasie in 2015. Outa se kenner van staatskaping, Rudie Heyneke, sê die saak beklemtoon die belangrikheid van suksesvolle vervolgings om netwerke van staatskaping af te takel.