Britse skole sal leiding kry oor transgender-leerders

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê skole sal leiding ontvang oor beleide vir transgender-leerders in die somer-termyn. Dit volg nadat ‘n middel-regse dinkskrum, Policy Exchange, gekyk het na 154 hoërskole waarin sommige leerders wat as transgender identifiseer se ouers ingelig is, terwyl ouers in ander skole nie betroubaar in kennis gestel is nie. Sommige skole het nie genoeg besonderhede verskaf nie, terwyl ander verkies het om nie te reageer nie. Sunak sê die leiding sal skole help om te weet hoe om te reageer wanneer kinders oor hul geslag uitvra.