Oues wat regerings lei in die nuus, hier en elders

Bejaarde leiers en presidente is die afgelope tyd in die nuus, veral in die Verenigde State met Joe Biden op 80, Donald Trump op 77, en ander leiers soos Mitch McConnell wat onlangs twee keer agter die podium gevries het terwyl hy aankondigings gemaak het. Namibië het sy eie probleem met ouer leiers en Adjunk Eerste Minister Netumbo Nandi-Ndaitwah sal 72 wees as sy in die volgende verkiesing as president verkies word. Kosmos 94.1 Nuus is bewus van ongelukkigheid onder jonger Namibiërs oor hierdie kwessie, en het jeugaktivis Simon Amunime daaroor uitgevra.