Damme: Gobabis het 6,1% oor, sentrale gebied, 30%

NamWater se weeklikse dambulletin dui aan dat daar net 29,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor is. Von Bach is op 19,8 persent na water van Swakoppoort, wat op 58 persent staan, oorgedra is. Omatako is leeg. In die Suide is Hardap op 30 persent met amper 2 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 56,4 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 53,7 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 6,1 persent met Otjiverodam op 8,1 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis op 29,8 en 5,5 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 42,6 persent.