Oud-Bok Ruan Pienaar gaan dalk afrig na aftrede

Rugby: Die oud-Springbok Ruan Pienaar sal na verwagting begin afrig wanneer hy sy speelloopbaan beëindig. Die 40-jarige het onlangs aangekondig hy beoog om sy stewels in Mei op te hang na ‘n loopbaan van meer as 20 jaar. Hy was deel van die Bokke se Wêreldbeker-wennende groep van 2007 en het 88 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 135 punte aangeteken. Pienaar het ook plaaslik vir die Haaie en die Cheetahs gespeel. Hy hoop om betrokke te raak as afrigter van die Cheetahs se junior spanne.