Ou speelgoed help Gaza-diere beweeg

‘n Dierewelsynsorganisasie in die Gaza-strook gebruik die wiele van speelgoed en ou fietse om verlamde diere by te staan. Die organisasie het geen toegang tot professionele prostese nie maar slaag daarin om die diere te help om weer te kan beweeg. Die Sulala Animal Rescue het op die oomblik 32 honde en katte wat verlam is en gebruik nie net die wiele van die speelgoed en fietse nie, maar bou ook kunsmatige ledemate van yster en hout. Al-Aer, wat by die organisasie werk, sê die diere raak baie moeg as hulle verlam is en probeer beweeg, en op die manier kan hulle die lewe vir die diere vergemaklik. Hy sê diere het ook gevoelens.