Covid-entstof, -behandeling, ondoeltreffend teen Omikron

Navorsing deur Columbia-universiteit in die VSA toon dat die Omikron-variant merkwaardige weerstand toon teen neutralisasie van beide entstowwe en Covid-behandelings. Volgens die jongste gepubliseerde data is die neutraliserings vermoë van 18 uit die 19 behandelings of heeltemal uitgewis of erg benadeel. Navorsing in Europa het dieselfde bevindings gehad. Teenliggaampies in persone wat ingeënt is was ook in die meerderheid van gevalle nie doeltreffend teen Omikron nie en was tussen 5 tot 31 keer minder doeltreffend as met die Delta-variant.