SA rand verswak verder teen Amerikaanse dollar

Die rand het verswak tot meer as 17 Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar. Ekonome sê die rand sal na verwagting verder verswak weens die internasionale ekonomiese omgewing en beurtkrag. Die plaaslike geldeenheid is op sy swakste teen die Amerikaanse eenheid sedert September 2020, toe Covid-19-inperkings nog van krag was. Die rand het oor die afgelope twee weke skielik verswak nadat dit in Maart en April teen 14 rand 50 sent teen die dollar verhandel het.