Otjozondjupa-goewerneur reageer op goeie prestasie van sy streekFebruary 9, 2023
Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie sê die hele Namibië, behalwe vir die Otjozondjupa-streek, is in ‘n voedselsekerheids-krisis, die derde hoogste vlak van krisis, gedompel. Hy voeg by dat in die Karas-streek is daar net 25 persent van huishoudings wat tussen 25 en 50 persent van die nodige kalorieë daagliks inneem met die Kavango Oos-streek ook op net 25 persent van huishoudings wat net meer as 50 van hulle daaglikse benodighede kan bekom. Acaps sê die Otjozondjupa-streek vaar beter en word op die tweede laagste, as voedsel-gestres, beskryf. Die goewerneur James Uerikua het in die afgelope twee jaar hard gewerk aan landbou en Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels oor sy streek se beste vertoning in die land.