Oshikoto-boer verloor N$250 000 se vee
Die Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n saak van veediefstal by die Mangetti plase in die Oshikoto-streek. ‘n Boer het besef sy kudde se getalle neem af en hy het sy beeswagter daaroor gekonfronteer. Die man het ontken dat hy enigiets van die saak weet maar het toe gevlug en is steeds soek. ‘n Saak is geopen vir die diefstal van 25 bees en vyf bokke ter waarde van 250 000 Namibiese dollar. Geen arrestasie is tot dusver gemaak nie en die ondersoek duur voort.