Oscar se parool maak internasionaal nuus

Die nuus oor Oscar Pistorius wat vroeg in Januarie op parool vrygelaat gaan word, het wêreldwyd opslae gemaak. ‘n Paroolraad het sy aansoek Vrydag toegestaan, nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria in 2013. Publikasies soos die BBC, The Guardian, Sky News, Fox News, Al Jazeera en ABC News het almal verslag gedoen, waarin vertel word hoe die held van 2012 se Paralimpiese en Olimpiese Spele in Londen slegs ‘n paar maande later tot ‘n val gekom het.