Opul hou omtrent opsitkers oor Namibië se olie

Die Namibia International Energy-konferensie is aan die gang net buite die hoofstad. Die hoof van Opul Haitham Al Ghais het via video-skakel die openingsrede gelewer. Opul en sy vennote vry na Namibiese lidmaatskap na die groepering Angola verloor het. Dit was duidelik uit sy toespraak.

Al Ghais het bygevoeg Opul is opgewonde oor ‘n moontlike vennootskap.