LAC reik uit na Lüderitz gemeenskap, hulle het ook regte

Die Regshulpsentrum sal gratis regsadvies en publikasies by die opkomende Kreeffees 2024 in Lüderitz verskaf. Gegewe die vele ontwikkelings wat in die kusstreke van Namibië plaasvind, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg van inwoners om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Die openbare vergadering vind plaas volgende Dinsdag van 10-uur tot een-uur by die Benguela Gemeenskapsaal in Lüderitz. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, gepraat.