Stuk van Kosmos 482 val terug Aarde toe
Die Europese Ruimteagentskap sê ‘n gedeelte van ‘n Sowjet-era ruimtetuig is waarskynlik terug in die Aarde se atmosfeer na langer as ‘n halfeeu in ‘n wentelbaan. Die Kosmos 482, wat in 1972 op ‘n sending na Venus gelanseer is, het nooit tot buite die Aarde se wentelbaan gevorder nie en het in vier stukke gebreek […]
Slim sponsagtige toestel vang water uit lug vas
’n Span ingenieurs van Australië en China het ’n innoverende toestel ontwikkel wat water uit die lug onttrek – selfs op lae humiditeitsvlakke – en dit met behulp van sonenergie. Die toestel gebruik ’n spesiaal-verwerkte stuk balsahout met ’n sponsagtige struktuur om vog uit die atmosfeer op te neem. Die water-oes-meganisme werk effektief tussen 30% […]
Qatar bied Starlink op sy Kaapstadvlug aan
Qatar Airways het aangekondig dat een van sy weeklikse vlugte vanaf Doha na Kaapstad vanaf 1 Junie met ‘n Boeing 777 sal wees, wat gratis ultra-vinnige Starlink wi-fi sal insluit. Die lugredery het reeds die wêreld se grootste vloot Starlink-toegeruste 777’s en is ook die eerste om die stelsel op Airbus A350’s aan te bring. […]
Pink Floyd op pad na sewende Nommer 1-album in die VK
Pink Floyd is op pad om hierdie week hul sewende nommer 1-album in die VK te behaal, met Pink Floyd at Pompeii – MCMLXXII wat die middelweekse amptelike album-lys oorheers. Die ikoniese konsert-film van die legendariese prog-rockgroep uit 1975, wat geregisseer is deur Adrian Maben en in die Romeinse amfiteater van Pompeii verfilm is, is […]
Keith Urban bekroon met drievoudige eerbewys by ACM-toekennings
Keith Urban gaan vanjaar se Triple Crown-toekenning ontvang tydens die 2025 Academy of Country Music (ACM) Awards. Dié besondere eer bewys word slegs aan kunstenaars toegeken wat al drie van die ACM se grootste pryse gewen het – en Urban het daarin geslaag. Die 57-jarige sanger sal die eerste kunstenaar sedert Carrie Underwood in 2010 […]
Hoëspoed vlugte bring nuwe era van reis
Internasionale reis mag binnekort drasties vinniger word danksy ’n suksesvolle toetsvlug deur die Amerikaanse lugvaartmaatskappy Stratolaunch. Die maatskappy het onlangs twee toetsvlugte voltooi met hul herbruikbare hipersoniese vliegtuig, Talon-A, wat snelhede van meer as Mach 5 bereik het, vyf keer vinniger as die spoed van klank. Die eerste vlug het in Desember 2024 plaasgevind, gevolg deur […]
Mayday! Mayday! Kosmos 482: Die ou Sowjet-Unie-ruimtetuig kan binnekort na 53 jaar iewers op Aarde neerstort
Die Sowjet-Unie se Venus ruimtetuig, Kosmos 482, is op pad terug na die Aarde na meer as 50 jaar nadat dit in 1972 gelanseer is. Die tuig, oorspronklik bedoel om Venus te bereik, het weens ’n tegniese fout nooit sy bestemming bereik nie en wentel sedertdien in ’n elliptiese baan rondom die Aarde. Kosmos 482 […]
Barbra Streisand span kragte saam met Mariah Carey en Ariana Grande in nuwe album
Barbra Streisand het pas haar nuwe ateljee-album aangekondig, The Secret of Life: Partners, Volume Two, wat op 27 Junie via Columbia Records uitgereik sal word. Dié album is die opvolg van haar 2014-treffer, Partners, en bevat ’n indrukwekkende lys duetvennote wat genre- en generasiegrense oorbrug. Een van die grootste verrassings op die album is ’n […]
Ruimtevaarders keer terug na 6 maande op Tiangong-ruimtestasie
Drie Chinese ruimtevaarders het vandag na ses maande op die land se Tiangong-ruimtestasie na die Aarde teruggekeer, terwyl Beijing vorder met sy doelwit om ‘n groot ruimtemoondheid te word. China het die afgelope paar jaar miljarde rande in sy ruimteprogram belê in ‘n poging om te verwesenlik wat president Xi Jinping as die land se […]
Nuwe Alien: Earth lokprent onthul verskeie vreemde spesies
Die jongste lokprent vir Alien: Earth het aanhangers opgewonde en nuuskierig gemaak. Terwyl vorige voorskoue min inligting gedeel het, bied hierdie nuwe lokprent ‘n verrassende onthulling: die Xenomorphs sal nie die enigste bedreiging wees nie. Volgens die stem in die lokprent: “Hierdie skip het vyf verskillende lewensvorme uit die donkerste uithoeke van die heelal versamel… […]