Ruimtevaarders keer terug na 6 maande op Tiangong-ruimtestasieApril 30, 2025
Drie Chinese ruimtevaarders het vandag na ses maande op die land se Tiangong-ruimtestasie na die Aarde teruggekeer, terwyl Beijing vorder met sy doelwit om ‘n groot ruimtemoondheid te word. China het die afgelope paar jaar miljarde rande in sy ruimteprogram belê in ‘n poging om te verwesenlik wat president Xi Jinping as die land se ruimtedroom beskryf. Die wêreld se tweede grootste ekonomie het groot planne om teen die einde van die dekade ‘n bemande sending na die Maan te stuur en uiteindelik ‘n basis op die maan te bou.