Pan-Afrika Vrouedag op 31 Julie herdenk

Die Pan-Afrika Vrouedag word op 31 Julie herdenk om merkwaardige prestasies van Afrika-vroue te vereer en te vier. Dit val eweneens saam met die stigting van die Pan-Afrika Vroue-organisasie wat op dieselfde dag 60 jaar gelede gestig is. Ter herdenking van die dag sal die Swapo Party Vroueliga diens aan die gemeenskap doen. Elke streek sal sy eie aktiwiteit uitvoer, sowel as die Swapo-hoofkwartier. Die nuut-verkose sekretaris van die Swapo Party Vroueliga, Fransina Kahungu, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.