Neem asb die spuit en vermy vierde vlaag – Thieme

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sal vanoggend om nege-uur by Staatshuis Namibiërs oor die nuwe Covid-regulasies toespreek wat Maandag verval. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die O&L Groep deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus. Hy moedig ook Namibiërs aan om ingeënt te word en maan teen ‘n vierde Covid-vlaag soos wat tans in lande in die Noordelike Halfrond woed.