Oortydbeperkings belemmer gesondheidsorg 

Die LP vir die Landless People’s Movement, Utaara Mootu het haar kommer uitgespreek oor ‘n 18-jarige vrou wat by die Okondjatu-kliniek in die Otjozondjupa-streek aangekom het, swanger en met buikpyn en bloeding, nie die nodige hulp van die dokters of verpleegsters by die kliniek ontvang het nie omdat dit na-ure was. Die beleid is dat oortyd beperk is en sou hulle na daardie beperking bereik is hulp verleen, is die volle verantwoordelikheid hulle s’n. Mootu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.