Oorlog kom Israel duur te staan
Die Israeliese finansminister Bezalel Smotrich sê die direkte koste van die oorlog in Gaza beloop sowat 246 miljoen Amerikaanse dollar per dag. Smotrich het op ‘n Weermagradio-uitsending gesê Israel se ekonomie is gedeeltelik verlam deur die massa-mobilisering van militêre reserviste en uitgebreide Palestynse vuurpylsalvo’s. Die land se krediet vooruitsig is ook deur Standard & Poor afgegradeer van “stabiel” na “negatief”, weens vrese dat die konflik verder kan uitkring. Smotrich voeg by dat die begroting vir 2023 en ’24 gewysig sal word, want dis nie meer relevant nie.