Ooreenkoms deur Belarus vir opstand in Rusland maak nie sin nie

‘n Afgetrede Amerikaanse lugmag generaal en sekuriteitsanalis, James Clapper, sê die gebeure in Rusland laat meer vrae as antwoorde. Hy het met CNN gepraat en sê die ooreenkoms wat blykbaar deur Belarus se President Alexander Lukashenko beklink is maak nie sin nie en verder, dat Wagner-baas Yevgeny Prigozhin geensins veilig in Belarus sal wees nie.