Britse krieket vrot van rassisme, seksisme en meer

Die internasionale Onafhanklike Kommissie vir Gelykheid in Krieket se verslag het onthul rassisme, seksisme, klassisme en elitisme is wyd verspreid in Engelse en Walliese krieket. Meer as vierduisend mense het bewyse aan die kommissie verskaf en die helfte van die deelnemers sê hulle het diskriminasie ondervind. Die kommissie het 44 aanbevelings gemaak. Dit sluit in dat Engeland en Wallis se krieketraad hom moet verbind om ‘n organisasie teen rassisme, seksisme en klassisme te wees. Die raad se voorsitter, Richard Thompson, het enige iemand  wat uitsluiting of diskriminasie ervaar het, om verskoning gevra.