Eskom se vrywaring van besoedelingstandaarde skok

Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut het teleurstelling uitgespreek oor die besluit om Eskom vry te stel van voldoening aan besoedelingstandaarde. Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die kragvoorsiener toegelaat om die Kusile-kragstasie in Mpumalanga te bedryf sonder om aan die minimum vrystellingstandaard vir swaeldioksied te voldoen. Die vrystelling is geldig tot 31 Maart 2025. Die instituut se uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, waarsku die besluit sal ‘n negatiewe invloed hê op die gesondheid van diegene wat naby die aanleg woon: