Oorbevissing kry aandag in Turkye

Omgewingskenners werk daaraan om die spoed van oorbevissing te verminder in Gökovabaai in Turkye, wat beskou word as die wêreld se mees oorbeviste see. Omgewingskenners sê onwettige visvang en klimaatsverandering het die mariene ekostelsel geskend. Die stigter van die Mediterreense Bewaringsvereniging, Zafer Kizilkaya, sê die inheemse visgetalle het broeiplekke vir sandhaaie uitgedun en bedreig die habitat vir waterskilpaaie. Hy sê die uitwissing van seelewe het die lewensbestaan van plaaslike vissers benadeel. Kizilkaya beklemtoon verbode sones kan help om hierdie neigings te stuit.