Le Roux verlaat Toyota Verblitz, sê nie waarheen hy gaan nie

Die Wêreldbekerwenner-Springbok-heelagter Willie le Roux verlaat Toyota Verblitz, maar sê nie waarheen hy gaan nie. Hy het hom in 2019 by die Japanse klub aangesluit, dieselfde jaar dat Suid-Afrika die Wêreldbeker in die Asiatiese land gewen het. Le Roux sê op sosiale media dit was ‘n epiese vier jaar en hy waardeer die geleentheid om so ‘n puik span te kon verteenwoordig. Die 33-jarige Le Roux is ʼn Wes-Kapenaar en daar is gerugte dat hy na Suid-Afrika gaan terugkeer om vir die Stormers te speel.