Kaapstad bestee miljoene op sekuriteit

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het bykans ‘n vyfde van sy voorgestelde begroting vir die huidige finansiële jaar opsy gesit vir die aankoop van meer tegnologie om beter misdaad regoor die metro te kan beveg. Meer as 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die direktoraat se 432 miljoen rand begroting sal gebruik word vir die aankoop van lyf-kameras, paneelbord-kameras, hommeltuie en vir die verdere uitbrei van die Stad se kringtelevisie-stelsel. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, Fritz Platt, het die storie.