Ons moet meer doen op COP28-teikens te behaal

Die Internasionale Hernubare Energie-agentskap sê baie meer moet nog gedoen word om die doelwit te bereik wat by COP28 gestel is, om die hernubare kragvermoë teen 2030 te verdriedubbel. Die agentskap se Hernubare Kragvermoësyfers vir 2024 toon dat ‘n nuwe rekord in hernubare-kragontplooiing in 2023 in die sektor bereik is, naamlik ‘n totale vermoë van 3 870 gigawatt wêreldwyd. Saam met windkrag, het fotovoltaïese sonkrag 98-persent uitgemaak van die nuwe hernubare kragvermoë wat verlede jaar opgerig is. Die agentskap sê beleidsingrypings is dringend nodig om strukturele struikelblokke uit die weg te ruim.