Man, 40, vas vir onwettige vervoer van hout naby Rundu
Die Namibiese polisie sê ‘n 40-jarige man sal vandag in die Rundu-landdroshof verskyn nadat hy Sondagnag naby Ncaute in die Kavango Wes-streek betrap is met 110 planke hout waarvoor hy geen permit gehad het nie. Volgens die mag se weeklikse misdaadverslag, het ‘n lid van die publiek owerhede hiervan in kennis gestel en ‘n padblokkade is opgerig. Die ondersoek duur voort.