Omikron-variant al Oktober in Nigerië

Nigerië het aangekondig hy het sy eerste gevalle van die Omikron-variant van Covid-19 bevestig. Een van die monsters is van reisigers wat in Oktober in die land aangekom het. Die Nigeriese Sentrum vir Siektebeheer sê in ‘n verklaring dit het vermoedelik in die land aangekom weke voor dit in Suider-Afrika aangemeld is. Die data van ander lande toon die variant was in die omtrek voor dit amptelik in Suid-Afrika identifiseer is. Die aankondiging is gedoen voor vandag se vergadering tussen die twee lande se presidente, Cyril Ramaphosa en Muhammadu Buhari, in Abuja.