Omgewingsministerie wil stewige boetes in nasionale parke instel

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê hy sal binnekort boetes instel vir spoed en nie-nakoming van reëls in nasionale parke. Hy sê daar is te veel wetteloosheid wat in parke voorkom en die ministerie sal binnekort maatreëls instel soos om individue wat die wet oortree, te beboet met niks minder nie as 10 000 Namibiese dollar. Dit volg na ‘n onlangse voorval waartydens ‘n luiperd ‘n luiperd in die Etosha Nasionale Park deur ‘n voertuig van Namibia Wildlife Resorts gestamp is wat na bewering die spoedgrens van 60 kilometer per uur in parke oortree het. Shifeta sê stewige boetes kan ingestel word soos nodig geag. Toeriste oortree ook gereeld die parkreëls deur uit hul voertuie te klim.