Rugby: Springbok-afrigter wys oefengroep aan

Rugby: Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het die Rugbykampioenskap-opleidinggroep van 40 spelers aangekondig. Daar is ‘n handvol oorsee-gebaseerde spelers in die groep vir hulle volgende taak in Pretoria van Sondag af tot Donderdag 29 Junie. Die bykomende spelers is Cheslin Kolbe, André Esterhuizen, Handré Pollard, Jasper Wiese, Jean-Luc du Preez, Vincent Koch en Trevor Nyakane. Nienaber sê dit is uiters waardevol om die groep byeen te hê vir ‘n volle tydperk van drie weke voordat die finale week van hulle voorbereiding aanbreek vir die aanvangs-wedstryd van die kampioenskap teen Australië op 8 Julie op Loftus Versfeld in Pretoria.