Ombudsman gee sy mening oor BIG
Die Basiese Inkomste Toelae-koalisie van Namibië, bekend as BIG, het jare lank die BIG-toelae bepleit om die werkloosheids-, armoede- en ongelykheids-krisisse, aan te pak. Die voorstel vir ‘n basiese inkomste-toelaag in die land is in 2002 deur die Namibian Tax Consortium, Namtax, ‘n regering-aangestelde kommissie, gemaak. Die konsortium het die voorstel gemaak vir ‘n basiese Inkomste-toelae in die lig van die hoë armoedevlakke en die ongelyke verdeling van inkomste in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat oor of hy die konsep ondersteun.