Oekraïne sê dodetal by treinstasie styg tot 50

Oekraïne het gesê minstens 50 mense is vandag dood en baie meer gewond in ‘n vuurpyl-aanval by ‘n treinstasie propvol burgerlikes. Terwyl streeksowerhede geskarrel het om die kwesbares te ontruim, het leiers van die Europese Unie Kiëf besoek om President Volodymyr Zelensky te ondersteun. Zelensky het die aanval op die stasie in Kramatorsk in die oostelike streek van Donetsk ‘n doelbewuste aanval op burgerlikes genoem. Die dorp se burgemeester het geraam dat sowat 4 000 mense by die stasie was om die oorlog-geteisterde gebied te verlaat.