NWR beleef rekord besettingsgetalle
Namibia Wildlife Resorts is verheug oor die voortgesette goeie herstel van toerisme-besettingsgetalle by hul oorde ná Covid, wat ‘n positiewe trajek vir die bedryf aandui. Die afgelope naweek het die gewildste oorde, insluitend Halali, Okaukuejo, Olifantsrus, Namutoni in Etosha en Sesriem, ‘n indrukwekkende besettingsyfer van 100 persent behaal. Nelson Ashipala, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die maatskappy, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…