Nuwe Covid-regulasies het invloed op kerke

Met die nuwe Covid-regulasies waar sosiale byeenkomste van 100 na 50 mense verminder word en Dinsdag in werking tree, is dit ‘n moeilike tyd vir kerke, sê ds. Zack Pienaar van die NG-gemeente Eros in Windhoek. Hy meen die plek wat die beste weet wat die impak van die pandemie op mense het, is die kerk.