Nuus van die Olimpiese Spele

Nuus van die Olimpiese Spele .Die Namibiese bokser Jonas Junias Jonas het sy liggewigtitel-geveg verloor. Al vyf beamptes het die geveg aan sy Australiese teenstander Harry Garside toegeken.In Japan is die gesondheids-noodtoestand intussen na drie distrikte naby die Olimpiese gasheerstad, Tokio, uitgebrei, asook na die westelike distrik van Osaka. Covid-19-gevalle in die hoofstad en in die res van die land het skerp gestyg. Die Japanese eersteminister, Yoshihide Suga, het ‘n beroep op landsburgers gedoen om die Spele by die huis te kyk en die sportbyeenkomste by te woon nie.