Suid-Afrikaanse gesondheidskenner bekommerd oor Covid-19 in Augustus

‘n Suid-Afrikaanse Gesondheidskenner sê Covid-19 kan die buurland aanstaande maand swaar tref. Hoewel sommige kenners meen die derde vlaag van besmettings het sy piek bereik, voorspel Francois Venter, die direkteur van die Wits-gesondheidsgroep, Ezintsha, meer gevalle, hospitaal-toelatings en sterftes in die komende weke. Volgens Venter moet die Wes-Kaap nog sy piek bereik. Hy voeg by die sterftesyfer is in bykans al die provinsies hoër as tydens die tweede vlaag.Venter het aan die media gesê Augustus kan ‘n somber tydperk vir Suid-Afrika wees.