NSFAF appelleer teen Nghiwete-heraanstelling

Die Namibiese Studente Hulpfonds appelleer vandag die heraanstelling van sy afgedankte hoof uitvoerende beampte, Hilya Nghiwete. Die appèl sal deur regter Herman Oosthuizen aangehoor word. Die fonds se direksie glo Nghiwete het die vertroue verbreek wat aan haar as die hoof gebied is. Die kantoor van die arbeidskommissaris het beveel dat Nghiwete heraangestel word nadat ‘n arbeidsarbiter bevind het sy is onregverdig uit haar pos ontslaan. Nghiwete is in Februarie 2020 afgedank, ná ’n lang skorsing sedert April 2018, weens beweerde wanadministrasie.