Noordwes Parkeraad van 51 renosterhorings beroof

Berigte uit Suid-Afrika lui dat daar ‘n inbraak by die Noordwes Parkeraad se Mafikeng-kantoor was met 51 renosterhorings wat gesteel is. Volgens wat berig word het twee mans toegang tot die kluis gekry in wat ‘n uiters goed beplande roof was. Die polisie het agt ure geneem om op die toneel te kom en dus, het die twee met groot sukses gevlug. Die gebou se kluis is ongeveer vyf jaar terug versterk maar, die twee het toegang tot die kluis se sleutels gehad.