Vroue se toegang tot finansiering onder die loep

Die Sekretariaat van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap onder die SAOG Industrialisasie en Vroue-bemagtingings-projek, en in vennootskap met GIZ, het ‘n streeks-dialoog oor finansiële insluiting vir vroue in Johannesburg, Suid-Afrika gehou. Die dialoog is byeengeroep ter erkenning van die uitdagings wat vroue in die SAOG-streek ondervind om toegang tot finansiële dienste oor die verskillende ekonomiese sektore heen te kry. Namibiese maatskaplike aktivis Rosa Namises, het Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê dit is tyd dat vroue ingesluit word om deel te wees van ekonomiese groei…