Noord-Korea verantwoordelik vir meeste kripto-diefstal in ’22February 7, 2023

Noord-Korea het in 2022 meer kripto-bates gesteel as in enige ander jaar en het die netwerke van buitelandse lugvaart- en verdedigingsmaatskappye geteiken. Reuters berig die inligting is vervat in ‘n vertroulike Verenigde Nasies-verslag wat hy onder oë gehad het. Die verslag sê Noord-Korea het toenemend gesofistikeerde kubertegnieke gebruik om toegang te verkry tot digitale netwerke wat by kuberfinansiering betrokke is, en om inligting van potensiële waarde te steel, insluitend  wapenprogramme.