Noord-Korea sluit 25% van sy ambassades

Noord-Korea is gereed om talle van sy ambassades te sluit, insluitend in Spanje, Hongkong en verskeie lande in Afrika in ‘n stap wat kan meebring dat byna 25 persent van Pyongyang se missies wêreldwyd sluit. Noord-Korea se onlangse sluiting van sy diplomatieke missies is ‘n teken dat die land sukkel om geld oorsee te maak weens internasionale sanksies. Maandag het Noord-Koreaanse staatsmedia gesê die land se ambassadeurs het verlede week afskeidsbesoeke aan Angolese en Ugandese leiers gebring, en plaaslike media in albei Afrika-lande het die sluiting van die Noorde se ambassades daar berig.